Tale in die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring
Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie. Dit is ook ’n kulturele en estetiese middel wat mense deel om beter sin te maak van die wêreld waarin hulle leef. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om kennis te verwerf, hulle identiteit, gevoelens en idees uit te druk, in interaksie te tree met ander en om hul eie leefwêrelde te bestuur. Dit voorsien leerders ook van ’n ryk, kragtige en diepgewortelde stel beelde en idees wat hulle kan gebruik om hulle wêreld te verander en te verbeter. Deur taal word uitdrukking gegee aan kulturele diversiteit en word sosiale verhoudings opgebou en aangeknoop. Juis deur taal word hierdie verhoudings aangepas, verbreed en verfyn.
Course Features
- Lectures 0
- Quizzes 0
- Duration 43 weeks
- Skill level All levels
- Language English
- Students 1
- Assessments Yes